Bejaardes: Die Skatte van Ons Samelewing

In ‘n wêreld wat voortdurend verander, is daar min dinge so kosbaar soos die wysheid, liefde en standvastigheid wat die ouer geslagte in ons lewens bring. Julle is meer as net herinneringe van die verlede – julle is die fondasie waarop ons vandag bou en die lig wat ons pad vorentoe aanwys.

Julle stories van oorwinnings en hartseer, van uitdagings en weer probeer herinner ons aan wat dit beteken om mens te wees. Hierdie stories hou ons verbind aan ons wortels en gee ons ‘n dieper begrip van ons kulturele en familie-erfenis.

Julle wysheid is onmeetbaar. Deur dekades van ervaring het hulle geleer hoe om struikelblokke te oorkom, konflik te hanteer en die lewe se grootste geskenke te waardeer. Wanneer julle praat, leer ons hoe belangrik geduld, nederigheid en volharding is. Julle raad is soos ‘n kompas wat ons help om ons eie paaie met meer selfvertroue te stap.

 

Julle is dikwels die versorgers van die jongste geslagte, die stil ondersteuners wat met sagte hande en groot harte help om ons kinders te koester. Julle wys kinders dat liefde nie net in groot gebare lê nie, maar in klein, daaglikse oomblikke van omgee en aandag.

Ons by Easycare waardeer julle en vier die spesiale plek wat julle in ons harte en gemeenskappe inneem, deur ietsie terug te doen: Van 1 Desember 2024 sal almal bo die ouderdom van 60 jaar 20% afslag kry op Donderdae. Dit sluit dokter en sister konsultasies asook medikasie in. Hooplik kan ons so verseker dat julle nog jare lank vir ons gespaar is. 

Article by: Sr Jeanita le Roux